Tydperk (van 1 Maart van die eerste jaar tot 28/29 Februarie van die laaste jaar) | Korreksie, dae |
---|---|
400–500 | +1 |
500–600 | +2 |
600–700 | +3 |
700–900 | +4 |
900–1000 | +5 |
1000–1100 | +6 |
1100–1300 | +7 |
1300–1400 | +8 |
1400–1500 | +9 |
1500–1700 | +10 |
1700–1800 | +11 |
1800–1900 | +12 |
1900–2000 | +13 |
2000–2100 | +14 |
Ou Styl (O.S.) en Nuwe Styl (N.S.) word soms by datums gevoeg om dit duidelik te maak watter kalenderstelsel gebruik is. O.S. dui byvoorbeeld aan 'n datum is bereken volgens die Juliaanse kalender, wat voorheen in baie lande gebruik is, eerder as die Gregoriaanse kalender, wat tans in die meeste lande gebruik word. In Engeland se geskiedenis kan dit ook daarop dui dat die begin van die Juliaanse kalender aangepas is om op 1 Januarie te val, hoewel ’n ander jaarbegin op daardie tydstip gebruik is.
Hoeveel dae die twee kalenders verskil, wissel van eeu tot eeu. (Vergelyk tabel regs.)